1 Twee dae later was daar ’n troue. ’n Man en ’n vrou het getrou in die stad Kana in Galilea. Jesus se ma was ook daar.
2 Die mense het vir Jesus en sy dissipels ook genooi na die troue.
3 Toe die wyn op was, het Jesus se ma vir Hom gesê: “Die wyn is op.”
4 Jesus het vir haar gesê: “Mevrou, hoekom sê jy dit vir My? Dit is nog nie my tyd nie.”