12 Daarna het Jesus, sy ma, sy broers en sy dissipels na die stad Kapernaum gegaan, maar hulle het nie lank daar gebly nie.
13 Dit was amper tyd vir die Joodse Paasfees. Daarom het Jesus na Jerusalem gegaan.
14 By die tempel het Hy mense gesien wat beeste, skape en duiwe verkoop. Daar het ook mense gesit wat geld omruil.
15 Toe het Jesus tou geneem en Hy het ’n sweep gemaak. Hy het almal uit die tempel gejaag, ook die skape en die beeste. Hy het die mense wat geld omruil, se geld op die grond gegooi. Hy het hulle tafels ook omgegooi.
16 Hy het vir die mense wat duiwe verkoop, gesê: “Vat weg al hierdie goed! Julle moenie ’n winkel maak van my Vader se tempel nie!”
17 Toe onthou sy dissipels dat daar in die Ou Testament geskryf is: Ek sal sterf omdat Ek lief isvir u tempel.
18 Maar die Jode het vir Jesus gevra: “Wys vir ons ’n wonderteken om vir ons te bewys dat jy al hierdie dinge mag doen.”