2 Die mense het vir Jesus en sy dissipels ook genooi na die troue.
3 Toe die wyn op was, het Jesus se ma vir Hom gesê: “Die wyn is op.”
4 Jesus het vir haar gesê: “Mevrou, hoekom sê jy dit vir My? Dit is nog nie my tyd nie.”
5 Jesus se ma sê toe vir die kelners: “Julle moet doen wat Jesus vir julle sê.”
6 Daar was ses watervate van klip. Die Jode het die water in die vate gebruik om hulle te reinig. Daar was 90 tot 100 liter water in elke klipvat.
7 Jesus het vir die kelners gesê: “Maak die vate vol water!”Hulle het die vate heeltemal volgemaak.
8 Toe sê Jesus vir hulle: “Skep nou van die water en gee dit vir die hoofkelner!”Hulle het die water vir die hoofkelner gegee.