7 Jesus het vir die kelners gesê: “Maak die vate vol water!”Hulle het die vate heeltemal volgemaak.
8 Toe sê Jesus vir hulle: “Skep nou van die water en gee dit vir die hoofkelner!”Hulle het die water vir die hoofkelner gegee.
9 Die hoofkelner het geproe dat die water wyn geword het. Hy het nie geweet van waar die wyn kom nie, maar die kelners wat die water geskep het, het geweet. Die hoofkelner het die bruidegom geroep
10 en vir hom gesê: “’n Mens moet eers die goeie wyn vir jou gaste gee. Later, wanneer die mense baie gedrink het, gee ’n mens die wyn wat nie so goed is nie. Maar jy het die beste wyn gebêre tot nou toe!”
11 Dit was die eerste wonderteken wat Jesus gedoen het. Hy het dit in die stad Kana in Galilea gedoen. So het Jesus vir die mense gewys dat Hy ook God is, en daarom het sy dissipels in Hom geglo.
12 Daarna het Jesus, sy ma, sy broers en sy dissipels na die stad Kapernaum gegaan, maar hulle het nie lank daar gebly nie.
13 Dit was amper tyd vir die Joodse Paasfees. Daarom het Jesus na Jerusalem gegaan.