12 Sy sien toe twee engele. Hulle het wit klere aangehad. Hulle het gesit op die plek waar Jesus se liggaam gelê het. Een engel het gesit waar sy kop was, en die ander engel waar sy voete was.
13 Die twee engele het vir haar gevra: “Mevrou, hoekom huil jy?”Sy het gesê: “Hulle het my Here se liggaam weggeneem, en ek weet nie waar hulle Hom gesit het nie.”
14 Nadat sy dit gesê het, het sy omgedraai. Sy sien toe vir Jesus, Hy het daar gestaan, maar sy het nie geweet dit is Jesus nie.
15 Jesus het vir haar gesê: “Mevrou, hoekom huil jy? Vir wie soek jy?”Maria het gedink dit is die man wat daar in die tuin werk. Daarom het sy vir Hom gesê: “Meneer, het jy my Here weggeneem? As jy Hom weggeneem het, sê dan vir my waar jy Hom gesit het. Dan kan ek Hom gaan haal.”
16 Jesus het vir haar gesê: “Maria!”Toe draai sy na Jesus en sê: “Rabboeni!”Rabboeni is ’n Hebreeuse woord, dit beteken “My Meneer.”
17 Jesus het vir haar gesê: “Jy moenie aan My raak nie, want Ek moet nog na my Vader in die hemel gaan. Jy moet teruggaan na my broers, die dissipels. Gaan sê vir hulle Ek gaan na my Vader en my God. Hy is nou ook julle Vader en julle God.”
18 Maria Magdalena het vir die dissipels gaan sê: “Ek het die Here gesien!”Sy het vir hulle vertel wat Jesus vir haar gesê het.