14 Nadat sy dit gesê het, het sy omgedraai. Sy sien toe vir Jesus, Hy het daar gestaan, maar sy het nie geweet dit is Jesus nie.
15 Jesus het vir haar gesê: “Mevrou, hoekom huil jy? Vir wie soek jy?”Maria het gedink dit is die man wat daar in die tuin werk. Daarom het sy vir Hom gesê: “Meneer, het jy my Here weggeneem? As jy Hom weggeneem het, sê dan vir my waar jy Hom gesit het. Dan kan ek Hom gaan haal.”
16 Jesus het vir haar gesê: “Maria!”Toe draai sy na Jesus en sê: “Rabboeni!”Rabboeni is ’n Hebreeuse woord, dit beteken “My Meneer.”
17 Jesus het vir haar gesê: “Jy moenie aan My raak nie, want Ek moet nog na my Vader in die hemel gaan. Jy moet teruggaan na my broers, die dissipels. Gaan sê vir hulle Ek gaan na my Vader en my God. Hy is nou ook julle Vader en julle God.”
18 Maria Magdalena het vir die dissipels gaan sê: “Ek het die Here gesien!”Sy het vir hulle vertel wat Jesus vir haar gesê het.
19 Daardie selfde Sondagaand was die dissipels bymekaar. Al die deure was gesluit, want hulle was bang vir die Jode. Jesus het gekom en Hy het tussen hulle gaan staan. Hy het vir hulle gesê: “Ek gee vir julle my vrede!”
20 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy vir hulle gewys hoe lyk sy hande en hoe lyk dit waar die soldaat Hom met die spies gesteek het. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien.