1 Nadat Jesus met Tomas gepraat het, het Jesus weer aan die dissipels verskyn. Dit was by die See van Tiberias en dit het so gebeur:
2 Daar was ’n paar dissipels bymekaar. Hulle was Simon Petrus, Tomas, sy ander naam was “Tweeling,” Natanael van die stad Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus, en nog twee van Jesus se dissipels.
3 Simon Petrus het vir die ander dissipels gesê: “Ek gaan visvang.”Hulle sê toe vir hom: “Ons gaan saam met jou.”Hulle het gegaan en hulle het in die boot geklim, maar hulle het daardie nag niks vis gevang nie.
4 Toe dit oggend word, het Jesus langs die see gestaan, maar die dissipels het nie geweet dit is Jesus nie.
5 Jesus vra toe vir hulle: “My vriende, het julle iets gevang om te eet?”Hulle sê vir Hom: “Nee, ons het nie.”
6 Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet die visnet regs van die boot uitgooi, dan sal julle iets vang.”Hulle het die visnet uitgegooi in die water. Daar was toe so baie visse in die net dat hulle dit nie kon intrek nie.