32 Hy vertel van die dinge wat Hy gesien en gehoor het, maar niemand wil glo wat Hy vertel nie.
33 Iemand wat glo wat Hy vertel, wys hy glo dat God regtig God is.
34 God het die Seun gestuur. Die Seun sê vir die mense wat God vir Hom gesê het, want God gee sy hele Gees vir Hom.
35 Die Vader is lief vir die Seun en Hy het alles vir die Seun gegee, sodat die Seun oor alles en almal kan regeer.
36 Elkeen wat in die Seun glo, het die ewige lewe. Maar elkeen wat ongehoorsaam is aan die Seun, sal nie die lewe kry nie. God sal aanhou om hom te straf.