1 Jesus het geweet dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels kry as Johannes en dat Hy meer dissipels doop as Johannes.
2 Maar Jesus het nie self mense gedoop nie, sy dissipels het hulle gedoop.
3 Jesus het toe weggegaan uit die provinsie Judea en hy het teruggegaan na die provinsie Galilea.
4 Hy moes deur die provinsie Samaria gaan.
5 Hy kom toe by die stad Sigar in Samaria. Sigar was naby die stuk grond wat Jakob vir sy seun Josef gegee het.
6 Die put van Jakob was daar. Jesus was moeg omdat hulle ver geloop het en Hy het by die put gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag.