13 Jesus het vir haar gesê: “Elkeen wat van hierdie put se water drink, sal weer dors word.
14 Maar wanneer iemand drink van die water wat Ek vir hom gee, dan sal hy nooit weer dors word nie. Die water wat Ek vir hom gee, sal binne-in hom word soos ’n fontein wat vir hom die ewige lewe gee.”
15 Die vrou sê toe vir Jesus: “Meneer, gee vir my van daardie soort water. Dan sal ek nie weer dors word nie en dan sal ek nie weer hier water moet kom haal nie.”
16 Jesus het vir haar gesê: “Gaan roep jou man en kom terug hiernatoe!”
17 Die vrou het vir Hom gesê: “Ek het nie ’n man nie.”Toe sê Jesus: “Jy praat die waarheid, jy het nie ’n man nie.
18 Jy het vyf mans gehad en die man by wie jy nou bly, is nie jou man nie. Jy praat die waarheid.”
19 Die vrou sê toe vir Jesus: “Meneer, ek sien jy is ’n profeet.