2 Maar Jesus het nie self mense gedoop nie, sy dissipels het hulle gedoop.
3 Jesus het toe weggegaan uit die provinsie Judea en hy het teruggegaan na die provinsie Galilea.
4 Hy moes deur die provinsie Samaria gaan.
5 Hy kom toe by die stad Sigar in Samaria. Sigar was naby die stuk grond wat Jakob vir sy seun Josef gegee het.
6 Die put van Jakob was daar. Jesus was moeg omdat hulle ver geloop het en Hy het by die put gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag.
7 ’n Vrou uit Samaria het daar kom water skep. Jesus het vir haar gevra: “Gee asseblief vir my water om te drink.”
8 Jesus was alleen, want sy dissipels het in die stad gaan kos koop.