25 Die vrou sê toe: “Ek weet daar sal ’n Messias kom. Die mense noem Hom ook die Christus. Wanneer Hy hier is, dan sal Hy vir ons alles vertel wat ons moet weet.”
26 Jesus sê toe vir haar: “Dit is Ek, Ek wat nou met jou praat.”
27 Jesus se dissipels het teruggekom. Hulle het gesien Jesus praat met ’n vrou en hulle was verbaas. Maar nie een van hulle het vir Hom gevra wat Hy van haar wil hê of hoekom Hy met haar praat nie.
28 Die vrou het haar waterkruik daar gelos en sy het teruggegaan na die stad. Sy het vir die mense gaan sê:
29 “Julle moet kom kyk! Daar is ’n Man wat vir my alles vertel het wat ek gedoen het. Ek wonder of Hy die Christus is.”
30 Die mense het uit die stad na Jesus toe gekom.
31 Voordat die mense daar gekom het, het die dissipels vir Jesus gesê: “Rabbi, U moet iets eet.”