28 Die vrou het haar waterkruik daar gelos en sy het teruggegaan na die stad. Sy het vir die mense gaan sê:
29 “Julle moet kom kyk! Daar is ’n Man wat vir my alles vertel het wat ek gedoen het. Ek wonder of Hy die Christus is.”
30 Die mense het uit die stad na Jesus toe gekom.
31 Voordat die mense daar gekom het, het die dissipels vir Jesus gesê: “Rabbi, U moet iets eet.”
32 Maar Jesus het vir hulle gesê: “Ek het kos om te eet, maar julle weet nie wat dit is nie.”
33 Toe vra die dissipels vir mekaar: “Het iemand miskien kos vir Hom gebring?”
34 Jesus het vir hulle gesê: “My kos is om te doen wat God wil hê Ek moet doen. God het My na die wêreld gestuur. Ek moet alles klaar doen wat Hy gesê het.