35 Wanneer julle na die koringlande kyk, dan sê julle: ‘Oor vier maande sal die koring ryp wees, dan kan ons die koring afsny.’ Maar Ek sê vir julle: Kyk na die mense wat daar aankom, hulle is soos koring wat klaar ryp is.
36 Die man wat die koring afsny, kry nou al klaar sy beloning, want hy maak ’n oes bymekaar vir die ewige lewe. Dan sal die man wat saai en die man wat die koring afsny, saam bly wees.
37 Dit is waar wat die mense altyd sê: ‘Een man saai die koring en ’n ander man kom sny dit af.’
38 Ek het julle gestuur om koring te gaan afsny, maar julle het dit nie gesaai nie. Ander mense het gesaai, maar julle maak die koring bymekaar.”
39 Baie van die Samaritane in daardie stad het in Jesus geglo omdat die vrou vir hulle gesê het Jesus het vir haar alles vertel wat sy gedoen het.
40 Toe die Samaritane by Jesus kom, het hulle vir Hom gevra om by hulle te bly. Hy het twee dae daar gebly.
41 Nog baie meer Samaritane het in Jesus geglo toe hulle gehoor het wat Hy alles sê.