46 Jesus het weer na Kana in Galilea gegaan. Dit is die stad waar Hy die water in wyn verander het. In die stad Kapernaum was daar ’n amptenaar van die koning. Sy seun was baie siek.
47 Die amptenaar het gehoor dat Jesus van die provinsie Judea na Galilea gekom het. Hy het na Jesus toe gegaan. Hy het vir Jesus gevra om na Kapernaum te kom en sy seun gesond te maak, want sy seun was baie siek, hy was amper dood.
48 Jesus het vir hom gesê: “Julle wil altyd wondertekens en wonderwerke sien. As julle dit nie sien nie, dan wil julle nie glo nie!”
49 Die amptenaar van die koning sê toe vir Jesus: “Here, kom asseblief gou voor my seuntjie sterf!”
50 Jesus het vir hom gesê: “Jy mag huis toe gaan. Jou seun sal nie sterf nie.”Die man het geglo wat Jesus vir hom gesê het en hy het huis toe gegaan.
51 Terwyl hy huis toe gaan, het sy slawe by hom gekom. Hulle het vir hom gesê sy kind is gesond.
52 Die man het vir sy slawe gevra wanneer die kind beter geword het, en hulle het gesê: “Gistermiddag eenuur, toe het hy nie meer koors gehad nie.”