48 Jesus het vir hom gesê: “Julle wil altyd wondertekens en wonderwerke sien. As julle dit nie sien nie, dan wil julle nie glo nie!”
49 Die amptenaar van die koning sê toe vir Jesus: “Here, kom asseblief gou voor my seuntjie sterf!”
50 Jesus het vir hom gesê: “Jy mag huis toe gaan. Jou seun sal nie sterf nie.”Die man het geglo wat Jesus vir hom gesê het en hy het huis toe gegaan.
51 Terwyl hy huis toe gaan, het sy slawe by hom gekom. Hulle het vir hom gesê sy kind is gesond.
52 Die man het vir sy slawe gevra wanneer die kind beter geword het, en hulle het gesê: “Gistermiddag eenuur, toe het hy nie meer koors gehad nie.”
53 Die pa het toe besef dit was dieselfde tyd toe Jesus vir hom gesê het: “Jou seun sal nie sterf nie.”Hy en almal in sy huis het toe in Jesus geglo.
54 Dit was die tweede wonderteken wat Jesus in Kana gedoen het. Hy het dit gedoen nadat Hy uit Judea in Galilea gekom het.