10 Die Jode sê toe vir die man wat gesond geword het: “Dit is ’n Sabbatdag. Jy mag nie jou slaapmat op die Sabbatdag dra nie!”
11 Die man het vir die Jode gesê: “Die man wat my gesond gemaak het, het gesê ek moet my slaapmat neem en loop.”
12 Die Jode het vir hom gevra: “Wie is die man wat vir jou gesê het jy moet jou slaapmat neem en loop?”
13 Die man wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was wat hom gesond gemaak het nie. Jesus was ook nie meer daar nie. Hy het weggegaan omdat daar so baie mense was.
14 Later het Jesus die man in die tempel gekry. Jesus het vir hom gesê: “Jy is nou gesond. Jy moenie weer sonde doen nie, want dan sal iets met jou gebeur wat slegter is as die siekte wat jy gehad het.”
15 Toe gaan sê die man vir die Jode dit is Jesus wat hom gesond gemaak het.
16 Die Jode het begin om slegte dinge te doen aan Jesus omdat Hy die man op ’n Sabbatdag gesond gemaak het.