12 Die Jode het vir hom gevra: “Wie is die man wat vir jou gesê het jy moet jou slaapmat neem en loop?”
13 Die man wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was wat hom gesond gemaak het nie. Jesus was ook nie meer daar nie. Hy het weggegaan omdat daar so baie mense was.
14 Later het Jesus die man in die tempel gekry. Jesus het vir hom gesê: “Jy is nou gesond. Jy moenie weer sonde doen nie, want dan sal iets met jou gebeur wat slegter is as die siekte wat jy gehad het.”
15 Toe gaan sê die man vir die Jode dit is Jesus wat hom gesond gemaak het.
16 Die Jode het begin om slegte dinge te doen aan Jesus omdat Hy die man op ’n Sabbatdag gesond gemaak het.
17 Jesus het vir hulle gesê: “My Vader werk nog altyd, ook op die Sabbatdag. Daarom doen Ek dit ook.”
18 Die Jode het van toe af hard probeer om Jesus dood te maak. Hulle wou Hom doodmaak omdat Hy nie gedoen het wat die wette oor die Sabbatdag sê nie, maar ook omdat Jesus gesê het God is sy Vader, en dit het beteken Jesus sê Hy is ook God.