2 By die Skaap-poort in Jerusalem was daar ’n dam. Die Hebreeuse naam van die dam was Betesda.
3 By die dam was vyf gange met pilare. Daar het baie siek mense gelê. Hulle was blind of verlam of kreupel.
5 Daar het ’n man gelê wat 38 jaar lank siek was.
6 Jesus het die man daar sien lê en Hy het geweet dat die man baie lank siek was. Toe vra Jesus vir hom: “Wil jy gesond word?”
7 Die siek man het vir Jesus gesê: “Meneer, ek het niemand om my in die dam te sit wanneer die water begin beweeg nie. Elke maal wanneer ek probeer om in die water te kom, gaan iemand anders voor my in die water.”
8 Jesus sê toe vir hom: “Staan op, neem jou slaapmat en loop!”
9 Die man het dadelik gesond geword. Hy het sy slaapmat geneem en begin loop.Dit het op ’n Sabbatdag gebeur.