32 Maar daar is Iemand Anders wat sê wie Ek is. Dit is God. Ek weet dat die dinge wat Hy van My sê, waar is.
33 Julle het mense na Johannes die Doper toe gestuur en hy het die waarheid oor My gepraat.
34 Maar dit is nie nodig dat mense moet sê wie Ek is nie. Ek sê dit vir julle sodat julle kan glo en sodat God julle kan red.
35 Johannes was soos ’n lamp wat brand en helder skyn, en julle was ’n kort tydjie bly oor sy lig.
36 “Daar is ander dinge wat sê wie Ek is, daardie dinge sê dit beter as wat Johannes dit gesê het. Dit is alles wat die Vader gesê het Ek moet doen. Die dinge wat Ek doen, wys dat die Vader My na die wêreld gestuur het.
37 “Die Vader wat My gestuur het, het ook gesê wie Ek is. Julle het die Vader se stem nog nooit gehoor nie. Julle het nog nooit gesien hoe Hy lyk nie.
38 Julle het nie die Vader se boodskap in julle harte nie, want die Vader het My na die wêreld gestuur, maar julle glo nie in My nie.