8 Jesus sê toe vir hom: “Staan op, neem jou slaapmat en loop!”
9 Die man het dadelik gesond geword. Hy het sy slaapmat geneem en begin loop.Dit het op ’n Sabbatdag gebeur.
10 Die Jode sê toe vir die man wat gesond geword het: “Dit is ’n Sabbatdag. Jy mag nie jou slaapmat op die Sabbatdag dra nie!”
11 Die man het vir die Jode gesê: “Die man wat my gesond gemaak het, het gesê ek moet my slaapmat neem en loop.”
12 Die Jode het vir hom gevra: “Wie is die man wat vir jou gesê het jy moet jou slaapmat neem en loop?”
13 Die man wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was wat hom gesond gemaak het nie. Jesus was ook nie meer daar nie. Hy het weggegaan omdat daar so baie mense was.
14 Later het Jesus die man in die tempel gekry. Jesus het vir hom gesê: “Jy is nou gesond. Jy moenie weer sonde doen nie, want dan sal iets met jou gebeur wat slegter is as die siekte wat jy gehad het.”