1 Jesus het na die ander kant van die See van Galilea gegaan. Die mense het dit ook die See van Tiberias genoem.
2 Baie mense het saam met Jesus gegaan, want hulle het die wondertekens gesien toe Hy siek mense gesond gemaak het.
3 Jesus het teen die berg opgegaan en Hy en sy dissipels het daar gaan sit.
4 Die Joodse Paasfees was naby.