52 Toe sê die Jode vir Jesus: “Nou weet ons dit is ’n duiwel wat jou so laat praat. Abraham het gesterf en die profete het gesterf. Maar nou sê jy as iemand doen wat jy sê, dan sal hy nooit sterf nie.
53 Jy is nie belangriker as Abraham nie, en hy het gesterf. Jy is ook nie belangriker as die profete nie, en hulle het gesterf. Moenie dink jy is so belangrik nie!”
54 Jesus het gesê: “Ek sê nie self Ek is belangrik nie, want as Ek dit sê, dan beteken my woorde niks. Die Vader sê Ek is belangrik, dié Vader vir wie julle sê: ‘Ons God.’
55 Maar julle ken nie die Vader nie. Ek ken Hom. Ek kan nie sê dat Ek Hom nie ken nie. As Ek sê Ek ken Hom nie, dan praat Ek nie die waarheid nie, soos julle. Nee, Ek ken die Vader en Ek doen wat Hy sê.
56 Julle vader Abraham was baie bly toe hy gesien het dat Ek sal kom. Hy het dit gesien en hy was baie bly.”
57 Die Jode het vir Jesus gesê: “Dit is nie waar nie. Jy het nie vir Abraham gesien nie. Jy is nog jonk, jy is nog nie 50 jaar oud nie.”
58 Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Ek is God, ook voordat Abraham gelewe het.”