25 Die man het gesê: “Ek weet nie of Jesus ’n sondaar is nie, maar ek weet ek was blind, en nou sien ek.”
26 Die Jode het vir hom gesê: “Wat het Jesus vir jou gedoen? Hoe het hy jou laat sien?”
27 Die man het vir hulle gesê: “Ek het dit klaar vir julle vertel, en julle het nie geluister nie. Hoekom wil julle dit weer hoor? Wil julle Jesus se dissipels word?”
28 Die Jode het kwaad geword en gesê: “Jy is ’n dissipel van daardie man. Ons is nie, ons is dissipels van Moses.
29 Ons weet God het met Moses gepraat, maar ons weet nie van waar hierdie man kom nie.”
30 Die man wat blind was, het vir hulle gesê: “Ek verstaan julle nie. Julle weet nie van waar Jesus kom nie, maar hy het my laat sien.
31 Ons weet God luister nie na sondaars nie. God luister na mense wat Hom dien en wat doen wat Hy wil hê.