28 Die Jode het kwaad geword en gesê: “Jy is ’n dissipel van daardie man. Ons is nie, ons is dissipels van Moses.
29 Ons weet God het met Moses gepraat, maar ons weet nie van waar hierdie man kom nie.”
30 Die man wat blind was, het vir hulle gesê: “Ek verstaan julle nie. Julle weet nie van waar Jesus kom nie, maar hy het my laat sien.
31 Ons weet God luister nie na sondaars nie. God luister na mense wat Hom dien en wat doen wat Hy wil hê.
32 Ons het nooit voorheen gehoor van iemand wat ’n blinde mens laat sien het nie, ’n mens wat blind was toe hy gebore is.
33 Hierdie man kom van God, daarom kon hy dit doen.”
34 Toe sê die Jode vir die man wat blind was: “Jy is nog altyd ’n sondaar, vandat jy gebore is! Jy kan nie vir ons leer nie.”Toe het hulle hom uitgeskop uit die sinagoge.