9 Party mense het gesê: “Ja, dit is hy.”Ander mense het gesê: “Nee, dit is iemand anders wat lyk soos die blinde man.”Toe sê die blinde man: “Dit is ek!”
10 Die mense het vir hom gevra: “Wat het gebeur dat jy kan sien?”
11 Die man het gesê: “’n Man het klei gemaak en hy het dit aan my oë gesmeer. Die man se naam is Jesus. Toe het hy vir my gesê ek moet my in die Siloam-dam gaan was. Ek het dit gedoen en toe kon ek sien.”
12 Hulle het vir hom gevra: “Waar is daardie man?”Hy sê toe: “Ek weet nie.”
13 Die mense het die man wat voorheen blind was, na die Fariseërs toe geneem.
14 Dit was ’n Sabbatdag toe Jesus klei gemaak het en die blinde man laat sien het.
15 Die Fariseërs het ook vir hom gevra hoekom hy nou kan sien. Hy het vir hulle gesê: “’n Man het klei op my oë gesit, ek het my gewas en ek kon sien.”