20 Die Seun het aan die kruis gesterf, en so het God vrede gebring. So het God almal se sonde weggeneem, almal op die aarde en almal in die hemel. God het dit gedoen sodat alles reg kan wees tussen God en hulle.
21 Voorheen was julle ver van God, julle was God se vyande en julle het slegte dinge gedink en gedoen.
22 Maar nou het God julle verander. Die Seun het ’n mens geword en Hy het gesterf, en daarom het God julle sonde weggeneem sodat alles reg kan wees tussen God en julle. God het dit gedoen sodat julle aan Hom kan behoort en sodat julle sonder sonde sal wees en onskuldig sal wees wanneer Hy julle oordeel.
23 Maar dan moet julle aanhou glo, julle geloof moet baie sterk wees. Toe julle die goeie boodskap gehoor het, het God vir julle gehelp om seker te wees van die dinge wat julle glo, en nou moet julle aanhou om seker te wees. Al die mense in die wêreld het die goeie boodskap gehoor, die goeie boodskap wat ek moet bring.
24 Ek is bly dat ek nou swaarkry, want dit is vir júlle dat ek swaarkry. Christus het swaargekry, en nou kry ek swaar. Ek maak Christus se swaarkry klaar. Ek kry swaar vir die kerk, die kerk wat Christus se liggaam is.
25 Dit was God se plan dat ek vir die kerk moet werk. Hy het vir my die werk gegee om vir julle alles te sê wat Hy vir julle wil sê.
26 Mense het voorheen nooit geweet van die boodskap oor Christus nie. Maar nou het God dit vertel vir almal wat aan Hom behoort.