1 Julle wat eienaars van slawe is, julle moet reg doen aan julle slawe, soos die Here wil hê. Julle moet onthou dat julle ook ’n Eienaar in die hemel het.
2 Julle moenie ophou bid nie, julle moet wakker wees en julle moet altyd vir God dankie sê.
3 Julle moet ook vir ons bid. Ons wil graag hê dat God vir ons moet stuur om weer te gaan preek en vir mense die boodskap oor Christus te bring. Dit is ’n boodskap wat niemand voorheen geken het nie, maar God het dit nou vir ons gesê. Ek is nou in die tronk omdat ek die boodskap oor Christus gepreek het.
4 Julle moet vir my bid dat ek oor daardie boodskap sal preek en dat ek dit sal verduidelik soos ek moet.
5 Wanneer julle by mense is wat nie in Christus glo nie, dan moet julle reg lewe. Ja, julle moet julle tyd reg gebruik.
6 Wanneer julle met mense praat, dan moet julle altyd vriendelik wees. Dit moet vir die mense lekker wees om na julle te luister. Ja, julle moet altyd die regte dinge vir elke mens sê.