40 Maar Ek kan nie besluit wie regs langs My en wie links langs My sal sit nie. God het klaar besluit wie daar moet sit.”
41 Toe die ander tien dissipels hoor wat Johannes en Jakobus gevra het, het hulle kwaad geword.
42 Jesus het die dissipels na Hom toe geroep en Hy het vir hulle gesê: “Julle weet daar is mense wat dink hulle kan oor ander mense regeer en hulle kan die mense verdruk, daar is belangrike mense wat altyd hard wil regeer oor ander mense.
43 Dit moenie so wees by julle nie. As een van julle die belangrikste wil wees, dan moet hy die ander mense dien.
44 En as een van julle bo die ander wil wees, dan moet hy almal se slaaf wees.
45 Want Ek, die Seun van die mens, het gekom, maar nie sodat almal My moet dien nie. Ek het gekom om mense te dien en om my lewe te gee en te sterf. So sal Ek betaal om baie mense vry te maak van hulle sonde.”
46 Jesus en sy dissipels het in die stad Jerigo gekom. Toe hulle en baie ander mense weer uit Jerigo uitgaan, het Bartimeus, die seun van Timeus, langs die pad gesit. Bartimeus was blind en hy het gebedel.