49 Jesus het gaan staan en gesê: “Roep hom!”Hulle roep toe die blinde man en sê vir hom: “Moenie bekommerd wees nie. Staan op, Jesus roep jou!”
50 Die blinde man het sy bo-kleed op die grond gegooi en hy het opgespring en na Jesus toe gegaan.
51 Jesus het vir hom gevra: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”Die blinde man sê toe: “Meneer, ek wil weer sien!”
52 Jesus het vir hom gesê: “Jy mag gaan. Jy kan nou sien, want jy het geglo.”Die man kon dadelik sien. Maar hy het Jesus gevolg en saamgegaan met Hom op die pad.