18 Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het gehoor wat gebeur het. Hulle wou ’n plan maak om Jesus dood te maak. Maar hulle was bang vir Hom, want die mense het baie gehou van wat Jesus vir hulle geleer het.
19 Toe dit aand geword het, het Jesus en sy dissipels weer uit die stad gegaan.
20 Jesus en sy dissipels het vroeg in die oggend by die vyeboom verbygeloop. Hulle sien toe die hele boom het doodgegaan, ook sy wortels.
21 Petrus het onthou wat Jesus vir die boom gesê het en hy het vir Jesus gesê: “Meneer, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is heeltemal dood.”
22 Jesus het geantwoord: “Julle moet in God glo!
23 Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand vir hierdie berg sê: ‘Tel jouself op en gooi jouself in die see,’ dan sal dit gebeur. Maar hy moenie twyfel nie. Hy moet glo dat dit sal gebeur.
24 Daarom sê Ek vir julle: Wanneer julle bid en julle vra iets, dan moet julle glo dat julle dit ontvang het, en dan sal julle dit kry.