30 Johannes die Doper het mense gedoop. Wie het hom gestuur om dit te doen? Was dit God, of was dit mense? Antwoord My.”
31 Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het daaroor met mekaar gepraat en gesê: “As ons sê: ‘God het hom gestuur,’ dan sal Jesus vra: ‘Hoekom het julle nie geglo wat Johannes gesê het nie?’
32 Maar ons kan ook nie sê: ‘Dit was mense wat vir Johannes gestuur het om te doop’ nie.”Die priesterleiers en die skrifgeleerdes en die familieleiers was bang vir die klomp mense, want almal het gedink dat Johannes regtig ’n profeet was.
33 Daarom het die skrifgeleerdes vir Jesus gesê: “Ons weet nie.”En Jesus het vir hulle gesê: “Dan sal Ek ook nie vir julle sê wie het vir My gesê Ek mag hierdie dinge doen nie.”