27 Dan sal Ek my engele stuur en Ek sal al die mense bymekaarmaak wat Ek gekies het. Ek sal hulle bymekaarmaak van die ooste, die weste, die noorde en die suide, van die een kant van die aarde tot by die ander kant.”
28 Jesus het ook gesê: “Julle moet hierdie les leer van die vyeboom: Wanneer ’n vyeboom se takke sag word en die blare begin groei, dan weet julle die somer is naby.
29 So ook: Wanneer julle al hierdie dinge sien gebeur, dan moet julle weet die Here is naby, Hy sal gou kom.
30 Ek sê vir julle, en dit is seker: Party mense wat nou lewe, sal nog lewe wanneer al hierdie dinge gebeur.
31 Die hemel en die aarde sal eendag verdwyn, maar my woorde sal altyd waar wees.”
32 “Niemand weet op watter dag en hoe laat in die dag Ek sal kom nie. Die engele in die hemel weet nie, ook nie Ek, die Seun, nie. Net die Vader weet dit.
33 Julle moet wakker en gereed wees, want julle weet nie wanneer daardie dag sal kom nie.