7 Julle moenie skrik wanneer julle hoor daar is oorlog nie, naby julle of ver van julle. Hierdie dinge móét gebeur, maar dit is nog nie die einde van alles nie.
8 Die een volk sal teen die ander volk oorlog maak, die mense van een land sal teen die mense van ’n ander land veg. Daar sal aardbewings op baie plekke wees, en die mense sal min kos hê om te eet. Hierdie dinge is die begin, julle sal dan begin om baie swaar te kry.
9 Maar julle, julle moet wakker en versigtig wees, want die mense sal julle na die hof toe vat. Hulle sal julle met swepe slaan in die sinagoges. Julle sal voor goewerneurs en konings in die hof moet staan omdat julle aan My behoort. Dan kan julle vir hulle van My vertel.
10 Al die volke moet eers die goeie boodskap hoor.
11 Wanneer die mense julle vang en hof toe vat, dan moet julle nie bekommerd wees oor wat julle sal sê nie. God sal vir julle sê wat julle dan moet sê. Dit sal nie julle wees wat praat nie, dit sal die Heilige Gees wees wat praat.
12 Een broer sal ’n ander broer hof toe vat en vra dat die hof hom moet straf en doodmaak, en so sal ’n pa ook sy kind hof toe vat. Kinders sal opstandig wees teen hulle ouers en hulle sal hulle ouers laat doodmaak.
13 Almal sal julle haat omdat julle aan My behoort. Maar as julle tot die einde aanhou om My te volg, dan sal God julle red.”