45 Toe Judas daar aankom, gaan hy dadelik na Jesus toe en sê vir Hom: “Meneer!” en hy het vir Jesus gesoen.
46 Die mense wat saam met Judas was, het vir Jesus gegryp en Hom gevang.
47 Een van die mense wat by Jesus gestaan het, het sy swaard uitgetrek. Hy het die slaaf van die hoëpriester daarmee geslaan en hy het sy oor afgekap.
48 Jesus het gesê: “Dink julle Ek wil teen die regering veg? Hoekom het julle swaarde en stokke saamgebring om My te vang?
49 Ek was elke dag saam met julle by die tempel. Ek het vir die mense geleer, maar julle het My nie gevang nie. Maar dit alles moet gebeur sodat dit waar kan word wat die Ou Testament sê.”
50 Jesus se dissipels het Hom alleen gelos en hulle het weggehardloop.
51 Daar was ’n jongman wat saam met Jesus gegaan het. Hy het nie klere aangehad nie, net ’n stuk lap om sy liggaam. Die mense het hom gegryp en probeer om hom vas te hou,