36 Iemand het gehardloop en hy het ’n spons vol suur wyn gemaak. Hy het dit op ’n dik riet gesit en vir Jesus probeer gee sodat Hy dit kon drink. Die man het gesê: “Wag, kom ons kyk of Elia kom om hom van die kruis af te haal.”
37 Jesus het hard geskree en Hy het gesterf.
38 Die gordyn in die tempel het van bo tot onder geskeur. Dit was toe twee stukke.
39 Die offisier het voor Jesus gestaan. Toe hy sien dat Jesus so gesterf het, het hy gesê: “Hierdie man was regtig die Seun van God!”
40 Daar was ’n paar vroue wat ’n bietjie verder gestaan en kyk het. Maria Magdalena en Maria ma van Klein-Jakobus en Joses, en ook Salome was daar.
41 Toe Jesus in Galilea was, het die vroue altyd saam met Hom gegaan en vir Hom gesorg. Daar was ook baie ander vroue wat saam met Hom na Jerusalem gegaan het.
42 Dit was Vrydag, die dag toe die Jode alles gereedgemaak het vir die Sabbatdag. Dit was al laat en amper aand.