19 Jesus het geantwoord: “Die vriende van die bruidegom kan nie vas wanneer die bruidegom nog by hulle is nie. Nee, wanneer die bruidegom by hulle is, kan sy vriende nie vas nie.
20 Maar daar sal ’n tyd kom wanneer die bruidegom nie meer by hulle sal wees nie, en dan sal hulle vas.
21 Niemand maak ou klere reg met ’n stuk lap wat nog nie gekrimp het nie. Wanneer iemand dit doen, dan sal die nuwe lap krimp en die ou materiaal sal ook skeur, en dan sal die skeur groter word.
22 Niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie, want dan sal die wyn die sakke laat oopbars. Dan verloor hy die wyn én die velsakke. Nee, ’n mens moet nuwe wyn in nuwe sakke gooi.”
23 Jesus en sy dissipels het op ’n Sabbatdag deur ’n koringland geloop. Terwyl hulle loop, het sy dissipels begin om koring-are te pluk.
24 Die Fariseërs sê toe vir Jesus: “Kyk daar, hoekom doen jou dissipels iets wat ’n mens nie op die Sabbatdag mag doen nie?”
25 Jesus het hulle geantwoord: “Het julle gelees wat Dawid gedoen het toe hy probleme gehad het en toe hy en sy manne honger was?