1 Jesus het weer in die sinagoge ingegaan. Daar was ’n man met ’n gebreklike hand.
2 Die mense het Jesus dopgehou om te sien of Hy die man op die Sabbatdag gesond sal maak. Hulle wou Hom beskuldig dat Hy verkeerd gedoen het.
3 Hy sê toe vir die man met die gebreklike hand: “Kom staan hier tussen die mense sodat almal jou kan sien.”
4 Jesus het vir die mense gevra: “Mag ’n mens op die Sabbatdag goed doen of verkeerd doen? Mag ’n mens iemand se lewe red, of mag ’n mens hom doodmaak?”Maar die mense het stilgebly.
5 Jesus het na die mense rondom Hom gekyk. Hy was kwaad en ook hartseer omdat hulle hardkoppig was. Hy sê toe vir die man: “Steek jou hand uit!”Die man het sy hand uitgesteek, en toe was sy hand gesond.