33 Jesus het baie gelykenisse soos hierdie vertel wanneer Hy met die mense gepraat het. Hy het gelykenisse vertel wat hulle kon verstaan.
34 Hy het altyd gelykenisse gebruik wanneer Hy met die mense gepraat het. Wanneer Hy alleen was saam met sy dissipels, dan het Hy vir hulle verduidelik wat die gelykenisse beteken.
35 Daardie aand het Jesus vir sy dissipels gesê: “Kom ons gaan oor na die ander kant van die see.”
36 Die dissipels het weggegaan van die groot klomp mense. Jesus was nog in die boot en die dissipels het Hom saamgeneem. Daar was ook ander bote saam met hulle.
37 ’n Sterk stormwind het begin waai en die branders het so hoog teen die boot begin slaan dat die boot vol water begin word het.
38 Jesus het agter in die boot op ’n kussing gelê en slaap. Die dissipels maak Hom toe wakker en hulle vra vir Hom: “Meneer, is U nie bekommerd oor ons nie? Ons sal verdrink!”
39 Jesus het opgestaan en Hy het kwaai met die wind gepraat. Hy het vir die see gesê: “Bly stil! Word kalm!”Die wind het opgehou waai en die see het stil en kalm geword.