34 Jesus sê toe vir haar: “Mevrou, jy het nou gesond geword, want jy het geglo. Gaan nou huis toe, dit sal goed gaan met jou, jou siekte is weg.”
35 Jaïrus was ’n hoof van die sinagoge. Daar het mense van sy huis na hom toe gekom. Jesus was besig om met die vrou te praat, en toe sê die mense vir Jaïrus: “Jou dogter is dood. Hoekom pla julle nog die Meneer?”
36 Jesus het gehoor wat hulle gesê het, maar Hy het vir Jaïrus gesê: “Jy moet ophou bang wees, jy moet aanhou glo.”
37 Jesus het vir Petrus en Jakobus en Johannes, die broer van Jakobus, saam met Hom geneem. Hy het niemand anders saamgeneem nie.
38 Toe hulle by Jaïrus se huis kom, hoor Jesus ’n klomp mense raas baie hard. Hulle was besig om te huil en te treur.
39 Jesus het ingegaan en vir hulle gesê: “Hoekom raas en huil julle so baie? Die kind is nie dood nie, sy slaap.”
40 Maar die mense het gelag omdat Jesus gesê het sy slaap. Jesus het almal uit die huis gejaag. Toe neem Hy die pa van die kind en haar ma saam met Hom, en ook die drie dissipels wat by Hom was. Hulle het ingegaan in die kamer waar die kind was.