23 Hy het weer en weer vir haar belowe: “Ek sal vir jou enige iets gee wat jy vir my vra. As jy vir my die helfte van my land vra, dan sal ek dit ook vir jou gee.”
24 Die dogter het na haar ma toe gegaan en vir haar gevra: “Wat moet ek vra?”Herodias het geantwoord: “Jy moet sê jy wil die kop van Johannes die Doper hê.”
25 Die dogter het haastig na die koning toe gegaan en vir hom gesê: “Ek wil hê jy moet dadelik vir my die kop van Johannes die Doper in ’n skottel bring.”
26 Die koning het baie hartseer geword, maar al die mense wat saam geëet het, het gehoor wat hy belowe het, en hy wou nie sy belofte breek nie.
27 Die koning het dadelik ’n soldaat gestuur en vir hom gesê hy moet Johannes se kop bring. Die soldaat het na die tronk gegaan en hy het Johannes se kop afgekap.
28 Hy het Johannes die Doper se kop in ’n skottel gebring en hy het dit vir die meisie gegee, en die meisie het dit vir haar ma gegee.
29 Toe Johannes se dissipels daarvan hoor, het hulle gekom en hulle het sy lyk weggeneem en begrawe.