27 Die koning het dadelik ’n soldaat gestuur en vir hom gesê hy moet Johannes se kop bring. Die soldaat het na die tronk gegaan en hy het Johannes se kop afgekap.
28 Hy het Johannes die Doper se kop in ’n skottel gebring en hy het dit vir die meisie gegee, en die meisie het dit vir haar ma gegee.
29 Toe Johannes se dissipels daarvan hoor, het hulle gekom en hulle het sy lyk weggeneem en begrawe.
30 Die apostels het teruggekom na Jesus toe en hulle het vir Hom alles vertel wat hulle gedoen het en wat hulle vir die mense geleer het.
31 Mense het aanhoudend na Jesus toe gekom en hulle het nie tyd gehad om te eet nie. Jesus sê toe vir sy dissipels: “Julle moet saam met My na ’n stil plek gaan sodat julle ’n bietjie kan rus.”
32 Hulle het in ’n boot weggegaan na ’n stil plek om alleen te wees.
33 Baie mense het gesien Jesus en sy dissipels gaan weg en hulle het geweet waarnatoe hulle gaan. Die mense het van verskillende stede vinnig na die plek gehardloop. Hulle het voor Jesus en sy dissipels daar aangekom.