34 Jesus het uit die boot geklim, en Hy het die klomp mense gesien. Hy was baie jammer vir hulle en Hy was bekommerd oor hulle, want hulle was soos skape wat nie ’n skaapwagter het nie. Jesus het begin om vir die mense baie dinge te leer.
35 Dit het laat geword, en Jesus se dissipels het na Hom toe gekom. Hulle het vir Hom gesê: “Hierdie plek is ver van ’n stad en dit is al laat.
36 Stuur die mense weg sodat hulle na die plase en dorpies hier naby kan gaan en vir hulle kos kan koop om te eet.”
37 Maar Jesus het gesê: “Dit is júlle wat vir hulle kos moet gee om te eet.”Die dissipels sê toe vir Hom: “As ons vir al hierdie mense kos moet koop, dan sal dit 200 silwer geldstukke kos. Wil U hê ons moet dit doen?”
38 Jesus het vir hulle gevra: “Hoeveel brood het julle? Gaan kyk.”Die dissipels het gaan kyk en hulle sê toe vir Jesus: “Ons het vyf brode en twee visse.”
39 Jesus het gesê hulle moet al die mense in groepe bymekaar op die groen gras laat sit om te eet.
40 Die mense het gaan sit. In party groepe was daar 100 mense, en in ander groepe was daar 50 mense.