5 Die Fariseërs en die skrifgeleerdes het vir Jesus gevra: “Hoekom lewe jou dissipels nie soos ons voorouers vir ons geleer het nie? Hulle eet met onrein hande.”
6 Jesus sê toe vir hulle: “Julle is skynheilig. Dit is waar wat die profeet Jesaja oor julle gesê het. Hy het geskryf:“God sê: Hierdie volk sêhulle respekteer My,maar dit is nie waar nie,hulle harte is ver van My.
7 Dit help niks om Godso te dien nie.Want hulle leer vir die mensewette wat hulle self gemaak het,en dan sê hulle dit isGod se wette.
8 “Julle luister nie na wat God vir julle sê nie. Maar julle hou aan om te doen wat mense sê.”
9 Jesus het ook vir hulle gesê: “Julle vergeet God se wette maklik, sodat julle kan aanhou doen wat julle voorouers altyd gedoen het.
10 Moses het gesê: ‘Jy moet jou ouers respekteer.’ Hy het ook gesê: ‘As iemand sy pa of sy ma vervloek, dan moet hy sterf. Dit is seker!’
11 Maar julle sê iemand mag vir sy pa of vir sy ma sê: ‘Ek kan julle nie help nie, want die goed wat ek vir julle moes gee, is nou korban, dit beteken ek het dit vir die Here gegee.’