1 En ek het gesien ’n dier kom uit die see. Die dier het tien horings en sewe koppe gehad. Op die horings was tien krone en op sy koppe was daar name geskryf, name wat vir God gelaster het.
2 Die dier wat ek gesien het, het soos ’n luiperd gelyk. Sy voete het gelyk soos ’n beer se voete en sy bek het gelyk soos ’n leeu se bek. Die draak het vir die dier gesê hy mag die draak se krag gebruik, hy mag regeer en hy mag alles doen wat die draak doen.
3 En ek het gesien een van die dier se koppe het ’n groot seerplek gehad. Ek het gedink dat die dier sal doodgaan. Maar die groot seerplek het gesond geword. Al die mense in die wêreld was baie verbaas en hulle het die dier gevolg.
4 Die mense het die draak aanbid, want die draak het vir die dier gesê hy kan alles doen wat die draak doen. En hulle het die dier aanbid en gesê: “Daar is niemand wat so sterk is soos die dier nie! Niemand kan teen hom oorlog maak nie.”
5 God het gesê die dier mag vir God laster en die dier mag 42 maande lank regeer.
6 Die dier het begin praat. Hy het vir God gelaster en hy het ook God se Naam en sy woonplek gelaster, hy het almal gelaster wat in die hemel woon.
7 God het gesê die dier mag oorlog maak teen die mense wat aan God behoort en hy mag hulle wen. Ja, God het gesê die dier mag regeer oor die mense van al die stamme, volke, tale en lande.