16 Die drie onrein geeste het die konings bymekaargebring by die plek Armageddon. Armageddon is ’n Hebreeuse naam.
17 Die sewende engel het sy bak uitgegooi in die lug. God se straf was in die bak. God wat op die troon sit, het hard gepraat. Hy het uit die tempel in die hemel gesê: “Ek het die mense klaar gestraf!”
18 Toe kom daar weerligstrale en donderweer, dit het baie geraas. Daar was ook ’n groot aardbewing. Dit was die grootste aardbewing wat op die aarde was vandat daar mense op die aarde is.
19 Die aardbewing het die groot stad, Babilon, in drie stukke laat breek, en die stede van die volke is verwoes. God het onthou dat die mense van die stad Babilon sonde gedoen het. Hy was baie kwaad vir hulle en Hy het hulle gestraf, Hy het vir hulle die beker van swaarkry gegee om te drink.
20 En al die eilande en die berge het verdwyn.
21 Daar het groot stukke hael uit die lug op die mense geval. Elke stuk hael het een talent geweeg. Toe die hael op die mense val, het hulle vir God gelaster, want dit was ’n swaar straf wat God vir hulle gegee het.