10 Vyf konings is klaar dood. Die sesde koning regeer nou. Die sewende koning sal nog kom, maar hy moet net ’n kort tydjie regeer.
11 Die dier wat voorheen gelewe het en wat nie nou lewe nie, is die agste koning, maar hy is ook een van die eerste sewe konings. God sal hom doodmaak.
12 “Jy het tien horings gesien. Dit is tien konings. Hulle het nog nie begin regeer nie. Hulle sal mense kry om oor te regeer, maar hulle sal net een uur lank regeer. Hulle sal saam met die dier regeer.
13 Hulle dink almal dieselfde en hulle doen alles wat hulle kan om die dier te help.
14 Hulle sal oorlog maak teen die Lam, maar die Lam sal hulle oorwin, want die Lam is die Here van almal wat regeer en Hy is die Koning van al die konings. Hy het mense gekies om aan Hom te behoort, en daardie mense sal altyd in Hom glo.”
15 Die engel het vir my gesê: “Jy het gesien die prostituut sit by baie water. Die water is die mense van baie volke en stamme en lande en tale.
16 “Jy het tien horings gesien. Die tien horings en die dier sal die prostituut haat. Hulle sal sê dat almal haar moet los. Hulle sal haar kaal maak en hulle sal haar eet en haar verbrand.