8 Jy het ’n dier gesien. Hy het voorheen gelewe en hy lewe nie nou nie, maar hy sal uitkom uit die onderwêreld, en dan sal God hom doodmaak. Al die mense op die aarde sal baie verbaas wees wanneer hulle die dier sien, want die dier het voorheen gelewe, hy lewe nie nou nie, maar hy sal weer lewe. Wie sal verbaas wees oor die dier? Dit is die mense wie se name nie geskryf is in die boek van die lewe nie. God het party mense se name in die boek van die lewe geskryf voordat Hy die wêreld gemaak het.
9 “Nou moet ’n mens goed dink en slim wees: Die sewe koppe is die sewe berge waar die vrou sit. Hulle is ook sewe konings.
10 Vyf konings is klaar dood. Die sesde koning regeer nou. Die sewende koning sal nog kom, maar hy moet net ’n kort tydjie regeer.
11 Die dier wat voorheen gelewe het en wat nie nou lewe nie, is die agste koning, maar hy is ook een van die eerste sewe konings. God sal hom doodmaak.
12 “Jy het tien horings gesien. Dit is tien konings. Hulle het nog nie begin regeer nie. Hulle sal mense kry om oor te regeer, maar hulle sal net een uur lank regeer. Hulle sal saam met die dier regeer.
13 Hulle dink almal dieselfde en hulle doen alles wat hulle kan om die dier te help.
14 Hulle sal oorlog maak teen die Lam, maar die Lam sal hulle oorwin, want die Lam is die Here van almal wat regeer en Hy is die Koning van al die konings. Hy het mense gekies om aan Hom te behoort, en daardie mense sal altyd in Hom glo.”