12 Niemand koop hulle goud, silwer, edelstene en pêrels nie. Niemand koop fyn materiaal, pers materiaal, sy, en materiaal wat rooi is nie. Niemand koop die baie soorte hout wat lekker ruik, die baie soorte goed van ivoor, die baie soorte goed van duur hout, van koper, yster en marmer nie.
13 Ja, niemand koop die handelaars se kaneel, speserye, wierook, lekkerruik-olie, speserye wat lekker ruik, wyn, olyf-olie, die beste meel, koring, beeste, skape, perde, waens, slawe en mense nie.
14 Ja, Babilon, jy het gehouvan baie goed,maar nou is dit alles weg,al die duur goed,al die blink goed,jy sal dit nooit weer sien nie!
15 Die handelaars het ryk geword, want hulle het baie goed aan haar verkoop. Maar hulle sal ver staan en kyk, want hulle sal bang wees dat God hulle ook sal straf. Hulle sal huil en kla.
16 Hulle sal sê:“Dit gaan slegmet die Groot Stad!Baie sleg!Sy het mooi klere gedra,die materiaal was persen baie rooi!Sy het goue goed gedraen sy het mooi gelyk,sy het edelsteneen pêrels gedra!
17 Maar in een uur het Goddie stad leeggemaak,die stad wat so ryk was!”Die kapteins van die skepe het ver gaan staan, en ook almal op die skepe en al die matrose en almal wat op die skepe werk.
18 Hulle het gesien hoe die stad brand, en hulle het geskree en gesê: “Daar was nie ’n ander stad wat so wonderlik was soos hierdie groot stad nie!”