1 Toe het die engel vir my ’n rivier gewys. Die rivier was baie helder, soos kristal. In die rivier was water wat mense altyd laat lewe. Die rivier kom uit die troon van God en van die Lam.
2 Die rivier het gevloei in die middel van die straat. Die bome van die lewe het gestaan langs altwee kante van die rivier. Die bome het twaalf soorte vrugte gedra, hulle het elke maand vrugte gedra. Die volke gebruik die bome se blare om gesond te word.
3 God sal niemand en niks in die stad vervloek nie. En God en die Lam se troon sal in die stad wees, en God se dienaars sal Hom aanbid.
4 Hulle sal God sien, en God se Naam sal op hulle voorkoppe geskryf wees.